Die laaste keer op my blog was ‘n tyd terug – 17 Julie 2010 om presies te wees. (Sedertdien het daardie surf toer klaar gemaak, ‘n nuwe een begin en Jordy Smith sit darem 3de na die eerste kompetisie.) Ek kom agter ek gaan nie sommer die besigste blogger raak nie (want ek doen blogger-all… he he he… [sug]), want dis nie so erg die idee om voortdurend kommentaar oor my lewe te lewer nie wat my vang nie, maar dit vat tyd. En teen hierdie pas is als anders elke keer wat ek aan dié kant op-log.
Aan die blink kant, hou my werk (my dayjob, wat ek toe nooit ge-quit het nie ;-0) my goed besig. So hard soos wat die Suid-oos hierdie somer in Vredehoek gewaai het (ek sien op so ‘n ou 1600/1700 kaart van die Kaap hulle het Duiwelspiek eers Windberg genoem in die ou dae – na hierdie somer sou Orkaanberg ook oraait wees) so hard werk ons steeds aan die film-produksies wat deur Kaapstad kom. Maar ons dakplate sit nog (touch wood..), die groot niks in ons bankrekeninge na laas winter se werkstilte is eers in die verlede en daar is weer petrol vir surf trips as dinge rustiger raak.
En dan natuurlike my verwaarloosde verhouding met my kitaar is ook besig om weer ernstige TLC te kry. Ek sien uit na Oudtshoorn – ek is daar die eerste naweek van KKNK. Optredes is by die Kuiertuin (Sa 2/4 en So 3/4 aand), Dolce Vita (So en Ma middag) en dan die grote waarna ek baie uitsien – Al Capone Maandag-aand 4/4. Hierdie een speel ek saam met Albert Frost, Schalk Joubert en Kevin Gibson. Netjies, nè? (Ook op die aand sal Albert Frost en Nick Turner elk ‘n set doen.)
Pret is op pad.
Discover more from The South African Rock Encyclopedia
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Ahoyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyy,
Lekker blog bradda,schmaakit! Goed om te lees dat alles goed gaan daar, behalwe vir die Suid-Ooster. Geniet KKNK! A-we!