Bafana het dit dalk nie gemaak nie, maar hulle het gekooook gister in Bloem. Dit was seker my mees patriotiese oomblik in my lewe!
Die ding waarvan minder mense bewus sal wees, is die gebeurtenisse in die ASP World Tour – die jaarlikse wêreldbeker van surfing.
Hy’s terug in die game op nommer 1 na 3 kompetisies. Hy sal ook hierdie jaar gaan vir sy 10de wêreld-titel. Ja, hy’s ‘n freak! Dalk ‘n baie beskeie, likeable en gefokusde freak, maar nog steeds…
Nou die twist kom hier in – onse eie Jordy Smith van Durban is nog so ver in elke kompetisie 2de gewees. Dus is sy posisie nommer 2 in die wêreld.
En die volgende contest… in Jeffreysbaai tussen 15 en 25 Julie! Dit gaan ‘n grote wees. Gaan kyk as jy kan! Of volg dit op die Billabong webwerf waar hulle dit lewendig uitsaai. Hoe ook al, belewe hierdie een en maak ‘n lawaai vir ons land se talent!!
Check dit uit vir al die info – http://www.aspworldtour.com/ en http://www.infojeffreysbay.com/billabong_pro_jeffreys_bay.htm
Discover more from The South African Rock Encyclopedia
Subscribe to get the latest posts sent to your email.


